11 April 2023
ii
Geagte Leser
Dit is ‘n ontsagwekkende ervaring wanneer meer as ‘n duisend studente met hul hele wese die Afrikaanse lirieke van ‘n nuwerwetse liedjieboer uitbasuin. En juis hier op my Pelgrimstog in die Karoo ontmoet ek onverwags die einste liedjieboer, Herman Kleinhans
Digkuns as vorm van letterkunde is so oud soos die mensdom. Duur gebinde boeke met titels van Ilias, Odussee, Shakespeare’s Sonnets maar ook dié van Groot Verseboek, Alleenspraak, Rook en Oker versier ons boekrakke tog ervaar my generasie dit nie waarlik meer op hierdie wyse nie.
Herman Kleinhans en sy tydgenote maak deur deur hul musiek, digkuns weer toeganklik vir ‘n nuwe generasie Afrikaanssprekendes. Hierdie generasie ontdek daardeur die krag van ons pragtige moedertaal en stroom in duisende na konserte om dit uitbundig saam te sing. Herman is juis oppad na Australië saam Spoegwolf om Afrikaans verder na die nuwe wêreld te neem.
Ek kon ‘n paar spesiale gedagtes met Herman uitruil en hom bedank vir sy bydrae tot die behoud en ontwikkeling van ons pragtige taal. Sy woorde van aanmoediging aan my was: “Ons moet net aanhou in ons taal skep deur aan te hou skryf: liedjies, drama, prosa en selfs jou nuwe skryfprojek.” En toe voeg hy by: “En ons kan net hoop dat mense ons sal bly ondersteun.”
Geagte Leser, kom ons ondersteun Herman en sy mede Afrikaanse kunstenaars wat skep in ons pragtige taal en voortbou op ons ryke taalskat.
Skakel môre in vir die volgende inskrywing oor: Die Koningin, Dutch en die vernuftige handelaar van Victoria-Wes.
Groete van Huis tot Huis
Jandré
Pelgrim
Stroom Herman se musiek op die volgende platforms:
https://music.apple.com/…/herman-kleinhans/1061647561
https://m.youtube.com/channel/UCipCFcgkd31TNH_2fxlJ_dw
