Skip to content
Home » Joernaal » ‘n Kruispad as beginpunt vir ‘n Pelgrimstog.

‘n Kruispad as beginpunt vir ‘n Pelgrimstog.

10 April 2023

i

Geagte Leser,

Elke mens word ‘n paar keer gekonfronteer met ‘n kruising in hul lewenspad. Generaal Georg Meiring, voormalige hoof van die Weermag, noem hierdie geleenthede, ‘n kans om jouself te herontwerp. Afgetrede Kolonel Wessels vergelyk dit weer met ‘n kruising van die Rubicon. My kruispad is hervorm en dien nou as ‘n beginpunt vir ‘n Pelgrimstog.

Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal definieër pelgrimstog as: “Lewensreis, of reis wat met ‘n bepaalde doel voor oë of na ‘n plek wat besondere sentimentele of ander waarde het, onderneem word.”

Dit was nog altyd een van my drome om ‘n lewensreis te onderneem waarin ek die prag en skoonheid van Suid-Afrika ontdek en met die wêreld deel. Danksy die herdefiniëring van my kruispad na ‘n pelgrimstog is dit nou vir my moontlik.

Ek vertrek dus vandag op die begin van my Pelgrimstog in ‘n 1984 Mercedes Benz motor en gaan dit wat ek ontdek op my reispad in die vorm van ‘n reisjoernaal met julle deel. 

Ons land het ontsaglike uitdagings: Eskom, korrupsie, misdaad, disfunksionaliteit, verdeeldheid om ‘n paar te noem, maar daar is ook soveel waarvoor ons blywend dankbaar kan wees. 

Dit is my hoop dat deur my skrywes onder die gekose naam van Pelgrim dat jy, geagte Leser, weer hoop sal vind om aan te hou om aan Suid-Afrika te bou. Mag dit jou inspireer om voluit te lewe en jou drome te volg.

Groete van Huis tot Huis

Jandré 

Pelgrim

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *